House Loubser
Having earned our valued clients' trust previously, our team took great pleasure in completing their second dream home. We had a rough start with the engineers requesting a floating slab and time was of the essence, but thankfully, we managed the change within the original budget and could complete the project on time.
Volgens my was ek veral dankbaar dat julle die grondtoetse gedoen het en nie net die uitslae geignoreer het nie. Dit kon net sowel die makliker opsie gewees het, wat dan na 'n jaar of 2 ons probleem sou word. Verder het julle ook al die opsies op die tafel gesit en die beste een aanbeveel. Ten spyte van al die staal versterkings (floating slab) en die gepaardgaande arbeid, het die fondasie ons egter steeds niks ekstra gekos nie. Verder is die bouwerk baie vinnig en netjies voltooi. Ek is ook deurentyd op hoogte gehou van vordering asook vooruit beplanning wat die volgende week gedoen moet word. Wanneer daar probleme was wat julle verhoed het om te vorder soos verwag, is ek ook vroegtydig ingelig. Ek het nou al twee keer van julle gebruik gemaak en sal julle beslis aanbeveel.